THIS IS ME

Hallo ek’s Lucille en is ‘n plain afrikaanse meisie wat groot geword het in Somerset-Wes. My liefde vir foto’s het begin toe ek matriek was, 2008. Ek het ‘n passie vir foto’s en ‘n hart vir mense. My familie ken my as die meisie met die kamera.

In 2011 het ek met my eie besigheid Lucille Scheepers Photography begin. Ek is n professionele dromer wat tans besig is om my merk in die fotografie-wereld te maak en is mal daaroor om te travel en nuwe mense te ontmoet. Fotografie is nie net ‘n passie nie, dit is beslis my leefstyl ook. Dankie aan elke een van julle wat my ondersteun- sonder julle sou ek nie kon wees waar ek vandag is nie. My foto’s vertel ‘n storie en ek sien daarna uit om JOU storie vas te vang!

Meer persoonlike inlighting van myself:

  • -Admin haat my en eks ook nie ‘n groot fan daarvan nie
  • -Dis die beste gevoel om my kliënte gelukkig te sien
  • -Lucy is my bynaam
  • -Passion fruit en lemonade maak enige dag beter

“SHE TURNED HER CAN'TS INTO CANS AND HER DREAMS INTO PLANS..”